Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Tuesday, October 16, 2012

Bejaarde vroue in KwaZulu-Natal verkrag

Deur Suné van Heerden op 16 Oktober 2012

Vier bejaarde vroue is die afgelope paar maande in KwaZulu-Natal verkrag.
‘n Man (36) wat daarvan verdink word dat hy ‘n 91-jarige vrou verkrag het, het Maandag in die landdroshof in Pietermaritzburg verskyn, en sal op 31 Oktober weer vir sy borgaansoek in die hof verskyn. Die man het glo op 5 Oktober by die vrou se huis in Hayfields ingebreek deur haar met ‘n hamer te dreig. Hy het haar glo verkrag en ‘n horlosie, rekenaarskerm, sleutelbord, rekenaarmuis en R300 kontant gesteel.
Volgens die Witness-koerant het die vrou se tuinier die man op kringtelevisie-beeldmateriaal uitgeken. “Die tuinier het gesê dat die man, van Edenvale, al meer as een keer by die slagoffer se huis was om kos te bedel. Die vrou het elke keer vir hom iets gegee om te eet,” het ‘n bron van die koerant gesê.
Die man is Vrydag in ‘n kroeg in Retiefstraat in hegtenis geneem. Hy word van huisbraak, huisbraak met die doel om te roof, roof met verswarende omstandighede en verkragting aangekla.
Drie ander bejaarde vroue is ook oor die afgelope paar maande in die provinsie verkrag.
‘n 94-jarige vrou is op 23 Julie in haar huis in KwaSwayimani naby Wartburg verkrag. ‘n 39-jarige man wat daarvan verdink is dat hy haar verkragter kon wees, is Maandag in die hof onskuldig bevind. ‘n DNA-toets het glo bewys dat Ntuthuko Ndlela nie die aanvaller was nie, maar hy staar steeds ‘n klag van roof in die gesig in verband met ‘n aparte voorval.
‘n 60-jarige vrou is in Augustus in KwaDambuza in Pietermaritzburg verkrag en vermoor. Die vrou se naakte liggaam is naby ‘n rioolpyp deur inwoners opgespoor. Haar gesig was erg geslaan. Haar eggenoot moes haar aan haar ledemate uitken.
‘n 82-jarige vrou is in Augustus in haar huis in Swayimane verkrag. Niemand is nog in verband met dié voorval in hegtenis geneem nie.

http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/bejaarde-vroue-in-kwazulu-natal-verkrag/

No comments:

Post a Comment