Alta Snyman
Rustenburg – ’n
Groep mense het ’n vrou tydens Woensdag se Cosatu-betoging gewurg, aangerand,
uit haar motor gesleep en die voertuig omgekeer.
Twee polisielede wat die betogers selfs met die vuis geslaan het, het haar lewe gered, het Anita Venter (24) in trane vertel.
Sy het haar omstreeks 11:30 in haar wit Toyota Tazz in ’n verkeersopeenhoping in Pres. Mbekirylaan vasgery.
Sy het ’n U-draai gemaak en ’n ander roete probeer, maar ’n paar blokke verder het ’n groep mense die pad versper.
“Een man was in beheer. Ek het met handbewegings gevra of ek kan deurry, maar hy het beduie ek mag nie. Die volgende oomblik het mense op my kar en aan die ruite begin slaan.”
Sy het probeer wegry en gesien mense kom agterna, maar nie gedink hulle is agter haar aan nie.
Sy het in Beyers Naudéstraat gery en wou regs in Fatima Bhayatstraat draai omdat eersgenoemde by die kruising toegemaak is vir die betogers. Een vroueverkeersbeampte was daar aan diens.
Sy en ’n ander vrou se motors het lig gebots. Venter het stilgehou.
Die verkeersbeampte het nader gekom. “Die volgende oomblik het ’n man bo-op my kar se enjinkap gaan sit. Ek het die beampte gevra om vir hom te sê hy moet afklim.
“Die volgende oomblik het ’n klomp mense daar aangekom en my kar begin slaan. Die verkeersbeampte het verdwyn.
“Hulle het die ruite stukkend geslaan en met klippe gegooi. ’n Man het my deur die venster begin wurg.”
Dis toe dat die twee polisiebeamptes daar aangekom het.
Die mense het haar motordeur oopgepluk en twee mans het haar aan die skouers en voete beetgekry en uitgesleep.
“Die polisiebeamptes het my lewe gered. Hulle het die mense selfs met die vuis geslaan sodat hulle my moet los.”
Die polisie in Noordwes het gesê hulle ondersoek ’n saak van roekelose of nalatige bestuur nadat Mzwandele Ntemgemonta (43) glo raak gery is toe Venter die eerste groep mense teëgekom het.
Venter het gesê sy is nie bewus daarvan nie.

No comments:
Post a Comment