Okt 05 2012 11:07
‘n Derde van alle vulstasies in Gauteng, wat 60% van die brandstof in Suid-Afrika verkoop, het ‘n tekort aan diesel of petrol, sê MC Lamprecht, voorsitter van die SA vereniging vir petroliumkleinhandelaars (Sapia).
Vragmotorbestuurders het op 24 September staak. Hulle dring aan op ‘n loonverhoging van 12% per jaar oor die volgende twee jaar, terwyl werkgewers slegs 18% aanbied oor die twee jaar.
‘n Tekort aan vrugte wat van die suidwestelike deel van Suid-Afrika kom, het pryse by die Johannesburgse mark vir vars produkte verhoog, sê Paul Botha, ‘n markagent.
‘n Doos appels van 18 kilogram in Johannesburg het met 27% geklim tot R140 sedert die staking begin het.
“Daar kom geen vrugte in nie en geen vrugte verlaat die mark nie,” sê Linda Engelbrecht, ‘n markagent by die mark. “Die boere ly verliese want niemand kan die vrugte vervoer nie.”
Werkgewers en stakende werkers verskyn vandag in die arbeidshof nadat die bedryf ‘n interdik aangevra het.
Geen verdere onderhandelings word tussen die werkgewers en die vakbond, Satawu, beplan nie. Onderhandelinge tussen die vakbond en die vereniging van werkgewers in die vragvervoersektor (RFEA) het Donderdagaand inmekaar gestort.
Stakende Satawu-lede wil die land se hawens sluit, het die vakbond Vrydag aangekondig.
“Ons het met ons lede in die hawens- en spoorsektor gepraat oor ‘n sekondêre staking. Invoer en uitvoer by die hawens gaan gestaak word,” het Satawu sekretaris-generaal Zenzo Mahlangu gesê.
http://www.sake24.com/Maatskappye/ReisEnOntspanning/Vrugte-vrot-vulstasies-leeg-weens-staking-20121005
No comments:
Post a Comment