Johannesburg – ‘n
Mynwerker by die Anglo American Platinummyn (Amplats) in Rustenburg se lyk is op
‘n heuwel by die Nkaneng- informele nedersetting in Photsaneng in die Noordwes
gevind.
“Ons kameraad is doodgeskiet, hy is gisteraand [Donderdag] geskiet. Sy lyk is steeds daar [by die heuwel], waar hy geskiet is,” het Gaddhafi Mdoda, een van die werkers se leiers, Vrydag gesê.
Hy sê die polisie het met traangas en rubberkoeëls op werkers geskiet wat op die heuwel naby die informele nedersetting saamgekom het.
“Hulle het eers by die Bleskop Hotel saamgekom en is beveel om weg te gaan. Hulle het na die informele nedersetting gegaan. Hulle is daar ook beveel om op te breek en hulle het na die heuwel gegaan om voort te gaan met hul vergadering.”
Hier het die polisie hulle beveel om op te breek. Hulle het tot 10 getel en het met traangas en rubberkoeëls op hulle gevuur, het hy gesê.
Die polisie in die Noordwes kon nie onmiddellik die sterfte bevestig nie. Kapt. Amanda Funani sê hulle sal ‘n verklaring uitreik sodra hulle al die besonderhede het.
Intussen het stakende werkers paaie met klippe en brandende bande versper wat Rustenburg en Marikana verbind
Die werkers het op 12 September begin staak en dring aan op ‘n maandelikse salaris van R16 000 en toelaes.

No comments:
Post a Comment