Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Wednesday, January 5, 2011

Dief geskiet wat motor by polisie wou steel

Johannesburg - ‘n 20-jarige man is deur ‘n polisiebeampte in Butterworth geskiet nadat hy gevang is waar hy ‘n motor by die Msobomvu-polisiekantoor probeer steel het, het die Oos-Kaapse polisie Woensdag gesê.

Die polisiebeampte was aan diens by die polisiekantoor toe hy gehoor het hoe iemand by ‘n motor probeer inbreek, het Jackson Manatha, woordvoerder, gesê.

“Die polisiebeampte het ondersoek ingestel en ‘n man (Nasiphi Sopili) in ‘n motor sien sit wat vir herstelwerk by die polisiegarage gestaan het.

“Die polisiebeampte het hom beveel om uit die motor te klim. Die man het toe uitgeklim en het die polisieman met ‘n voorwerp probeer aanval.”

Die beampte het ‘n waarskuwingskoot afgevuur toe Sopili nader aan hom beweeg het. Hy het egter besef sy lewe is in gevaar en het op Sopili geskiet, het Manatha gesê.

Twee skote is afgevuur en die 20-jarige is getref. Hy is na ‘n hospitaal geneem, maar was dood met sy aankoms.

‘n Nadoodse ondersoek is van stapel gestuur.
http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Dief-geskiet-wat-motor-by-polisie-wou-steel-20110105

No comments:

Post a Comment