Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Wednesday, January 5, 2011

Polisieman verkrag glo tienermeisie

Johannesburg – ‘n 45-jarige sersant is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n 15-jarige meisie in Senwamokgope, naby Modjadjiskloof, verkrag het, het die polisie in Limpopo Dinsdag gesê.

Die polisieman het die meisie na bewering op 28 Desember by haar huis in Hlanganani, buite Giyani, opgelaai en haar na die Senwamokgope-polisiestasie geneem waar sy verkrag is.

Die saak is by die polisie aangemeld nadat die meisie glo vreemd opgetree het.

Die man is Maandag in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Woensdag in die Sekgosese-landdroshof verskyn.

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Polisieman-verkrag-glo-tienermeisie-20110104

No comments:

Post a Comment