Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Wednesday, January 5, 2011

Dief se hand afgekap

Peshawar - Taliban-stryders het ‘n slagtersmes gebruik om ‘n man wat in ‘n self-aangestelde hof daarvan skuldig bevind is dat hy op 23 Desember ‘n winkel besteel het, se hand af te kap.

Tientalle mense het na bewering saamgedrom om dié straf te aanskou in die distrik van Orakzai, wat deel uitmaak van Pakistan se semi-selfregerende streek teen die Afganistanse grens.

Amerika glo dié streek is die hoofkwartiere van die Taliban.

Abdul Khaliq (31) se regterhand is by die pols afgesny nadat die Taliban-hof hom skuldig bevind het.

Hy het ‘n blinddoek gedra terwyl sy hand op ‘n houtblok geplaas en toe afgekap is, het intelligensiebeamptes gesê.
http://www.volksblad.com/Wereld/Nuus/Dief-se-hand-afgekap-20110105-2

No comments:

Post a Comment