Gavin Prins
Albei die blitspatrollielede wat in die spervuur is nadat hulle die voertuig van me. Winnie Madikizela-Mandela afgetrek het omdat haar lyfwag glo roekeloos bestuur het, weier om verskoning te vra.
Ao. Jannie Odendaal ontken dat hy tydens die episode op me. Madikizela-Mandela gevloek en haar lyfwag aangerand het. Hy voer aan net die teenoorgestelde het gebeur.
Odendaal se kollega, konst. Abel Twala, het intussen gister vir die eerste keer sy stilte verbreek en sy steun aan Odendaal toegesê.
“Mama Winnie maak dit ’n rassistiese ding. Ek is swart! Hoe kan ek rassisties teenoor swartes wees? Ek gaan nie om verskoning vra omdat ek my werk gedoen het nie.”
Klagte van aanranding en crimen injuria word môre op Odendaal en Twala bedien. Albei se dienspistole is afgeneem hangende ’n ondersoek.
Sedert Madikizela-Mandela by die polisie gekla het, is Odendaal van Johannesburg na Soweto verplaas en word hy tans departementeel ondersoek. Twala is van Soweto na die Oos-Rand verplaas.
Odendaal beweer hy en Twala het op 30 Desember 2010 diens gedoen toe hulle ’n Audi gesien het wat teen sowat 150 km/h deur die verkeer vleg. Toe hulle die motor stop, “het ’n man uitgeklim en my teen die bors gestamp”, sê hy.
“Ek het toe my Taser-skokwapen uit die voertuig gaan haal om hom te skok en toe klim Winnie uit die kar en begin op my vloek,” vertel Odendaal. “Ek het nie eens geweet dis sy nie.”
“Wie de f*k dink julle is julle?” het sy na bewering herhaaldelik op hom geskreeu. Sy het ook glo die lede daarvan beskuldig dat hulle apartheidstyl-taktiek gebruik en dat dit onaanvaarbaar is.
Odendaal is toe na die provinsiale kantoor ontbied, waarna ’n direkteur glo aan hom gesê het hy moet Madikizela-Mandela om verskoning vra.
Lt.genl. Mzwandile Petros, Gautengse polisiehoof, sou hom vergesel. Hy sê hy het teësinnig ingestem, want hulle het immers in opdrag van Petros motors afgetrek en deurgesoek. Die ontmoeting met Madikizela-Mandela het toe nie plaasgevind nie.
Twala beaam wat Odendaal sê.
“Ons gaan môre provinsiale kantoor toe om aan die direkteure te verduidelik hoekom ons nie geskors moet word nie. Ek sal hof toe gaan en my saak met graagte daar gaan stel,” sê Twala.
Me. Zodwa Zwane, Madikizela-Mandela se woordvoerder, het in ’n verklaring gesê Madikizela-Mandela wou die situasie ontlont, maar dis die polisie wat op hulle gevloek en geskreeu het. Odendaal ontken dit.
Kol. Neville Malila, polisiewoordvoerder, sê die twee lede is ingevolge ’n interne tugproses verplaas hangende ’n departementele ondersoek.
Hy wil nie sê of hulle gevra is om Madikizela-Mandela om verskoning te vra nie.
Vrydag, kort nadat Odendaal prokureurs gespreek het om klagte van crimen injuria en aanranding teen Madikizela-Mandela voor te berei, het die provinsiale kantoor hom beveel om hom môre vir ’n vergadering aan te meld. Hier sal klagte formeel op hulle bedien word.
Odendaal verwag dat hulle ’n kans gegun sal word om hul kant van die saak te stel, waarna besluit sal word of hulle formeel aangekla kan word.
Odendaal het reeds met behulp van Solidariteit ’n arbeidsprokureur aangestel om hom voor te berei indien hy ontslaan sou word.
“Ek is al amper 20 jaar in die polisie. Ek leef vir gemeenskapsveiligheid. Ek wil hê Winnie moet vir my in my gesig sê ek lieg,” sê dié pa van drie kinders.
Odendaal trou in Maart met sy derde vrou en daar is geldelike implikasies as hy afgedank word.
“Ek is skrikkerig. Maar die waarheid sal uitkom.”

No comments:
Post a Comment