Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Wednesday, January 19, 2011

Waar is ons Volk se kinders?

Soos ek verstaan is daar net 4000 kinders landswyd in CVO skole.  Vierduisend...  Goed.  Kom ons se elke gesin het twee kinders in die CVO bestel.  Dit gee ons 2000 gesinne.  Of 4000 Afrikaner mans en vroue landswyd wat die moed van die oortuiging gehad het om hul kinders Christelike Volkseie onderrig te gee.  Nou kom ons soek ons volk se kinders..  Volgens raming behoort daar 2 Miljoen Afrikaners te wees.  Kom ons neem aan 30% van hulle is nie Christene nie. (Ook dan nie ‘n Afrikaner nie!!!)  Dit los ons met 1,4 Miljoen Afrikaners.  Nou neem ons aan 50% is liberaliste wat net te tevrede is met die ANC kommunistiese, humanistiese bestel.  Ja meneer...  daar is sulke mense!  Dit laat ons met 700 000 Afrikaners.  Nou kom ons neem aan dat net 30% kinders het wat in die skool is.  Dit gee ons 210 000 Afrikaners.  Dan is die helfte getroud met die ander helfte.  Dit gee ons so 100 000 gesinne.  Terwyl ons belaglik konserwatief met ons berekeninge is, neem ons aan elke gesin het net EEN kind.  Dus behoort daar 100 000 Afrikaner kinders in die CVO skole wees!  Daar is net 4000....  Waar is die res van die 96 000 kinders?  Nou vra ek weer...  waar is ons volk se kinders?

Nou wil ek met jou praat – vader van die huis.  Veral met jou wat ‘n kind in die kommunistiese, humanistiese staatskool bestel het.  Ja meneer...  moenie nou ophou lees nie.  Vandag moet ek met jou ‘n appeltjie skil.  Dit is natuurlik as jy nie weer jou kop so diep in die grond druk en dink die probleme gaan later verbywaai.  Waar is jou kind??  In die staatskool wat nog “OK” is?  In die staatskool waar daar “net een kaffertjie” is?  In die staatskool waar “hulle nog darem open met Skriflesing en gebed”?  Of in die skool waar “sport afrigting uitstekend is”?

Vir ‘n voorbeeld gaan ek in op die internet na graad 4 se “Lewensoriëntering”.  Na net 3 minute tel ek al klaar die volgende op :

“3. My kerk of geestelike gemeenskap

Ek

 Oppermag/God/Allah

 Geestelike leier

 Iemand wat ‘n belangrike rol speel (identifiseer)”

Nou meneer die “hoof” van die huis.  Jou kind mag kies tussen Oppermag, God of Allah?  Maak jy jou kind so in jou huis ook groot?  Of dink jy dat jou graad 4 leerling klaar sy kop opgemaak het en nie meer beïnvloed kan word nie?  Ag asseblief....  miskien moet jy jou kop opmaak en besluit wie jy aanbid.

Daar is een speelpark in julle woonbuurt. Een Saterdagmiddag wil ‘n groep swart kinders daar sokker speel, maar ‘n groep wit kinders wil krieket speel op dieselfde plek en tyd.  Beskryf jou optrede met inaggenome die les “Respek teenoor ander”

Ja ek weet wat jy nou se.  Wat is fout daarmee?  Ons moet respek he vir ander.  Ons moet mos saam met hulle speel in die speelpark?  Ons moet mos saam met volksvreemde meng?  My kind gaan mos in elk geval saam met van hulle skool?  Maar weet jy wat meneer?  Jy sal nie toelaat dat die volksvreemde met jou dogter trou nie?  Of miskien sal jy.  Hoe kan jy tog diskrimineer teen jou kind as hy met ‘n volksvreemde trou?  Die volksvreemde gaan dan saam skool, kerk en die volksvreemde maak dan jou bed op?  Word wakker meneer!  Dink jy weer werklik dat JOU kind klaar beginselvas is en dit nooit sal doen nie?

Godsdiens    /   Gebou van aanbidding   /  Spesiale stad of plek

              Christene
                kerk
                Bethlehem

              Katolieke
                katedraal
                Vatikaan

              Moslems
                moskee
                Mekka

              Hindoes
                tempel
                Varanasi of Benares

              Jode
                sinagoge
                Klaagmuur in Jerusalem

Dis duidelik wanneer die leerder

2.5 belangrike plekke en geboue in ’n verskeidenheid gelowe bespreek.

Ag ek se liewers niks vir jou meneer.  As jy nie die gevaar in die goed sien nie, kan jy dit liewers maar los.  Dan moet jou kop eers regkom.

Sedelesse uit volksverhale :

Die slanghoofman (Zulu) (Standvastigheid en moed) p.26
Daardie nag word Bonakele wakker van ‘n diep manstem. Langs haar dogter sit ‘n baie aantreklike sterk jongman. Langs hom op die karos lê die verdroogde slangvel. Sonder om te dink, gryp Bonakele die vel en gooi dit in die vuur.
“Jy het die toorkrag verbreek,” sê die jongman. “n Goeie dapper meisie het eerbaar opgetree en ‘n dwase vrou het my vel verbrand.” Net daar vra hy of hy met die meisie mag trou. Hulle het lank en gelukkig saam gewoon en altyd genoeg kos gehad om te eet.

Toorkrag?  Slang wat verander in mooi jongman en dan met die dogter trou?  Vertel jy die stories ook vir jou kinders?  Ag skies, ek het vergeet.  Jou kinders kyk in elk geval na sulke gemors op die TV.  Want pa moet hard werk.  Pa moet kos op die tafel sit.  Pa moet sorg vir die basiese behoeftes.  Net jammer dat pa die heel basiese ding in die lewe vergeet.  Dit is die doopbelofte.  “Ek beloof om my kinders te onderrig en te LAAT onderrig volgens U Woord”.  Het u gelieg toe u daardie belofte gemaak het?  Of strook sulke stories met die Woord van God?  Of probeer jy dit nog regverdig met mooi sportgronde en “dis nie so erg nie”!!

Hou op lafhartig wees en jou kind instuur na die gevegslinies van die kommunis en die liberalis!  Moenie dat jou kind die onderwysers of die bestel moet gaan veg nie!  Nee vader van die huis!  Dit is JOU verantwoordelikheid!  Hoeveel tyd spandeer jy aan jou kind?  Miskien 3 ure per dag?  En die skool?  6ure?  Wie gaan wen?  Jou arme jong kind of jy?  Jy dink mos jy is slim en net te oulik?  JOU kind sal tog nie gesluk word deur die gemors nie?  Jy praat mos met hom daaroor tydens die advertensie tussen 7de Laan of daardie Harry Potter fliek?

Nee ek is jammer meneer.  Ek kan dit nie meer uithou nie.  Geen verskoning is meer vir my aanvaarbaar nie!  Jy is besig om die volk te vermoor deur jou kinders te offer aan ‘n bestel van kommuniste en humaniste!  Neem vandag die besluit en gaan sit jou kind in ‘n CVO skool.  Nie more nie, nie volgende jaar nie...  NOU!  Jy sal vanaand baie rustiger slaap en weer voor jou Skepper buig en Hom dank dat Hy jou gelei het om jou doopbelofte aan Hom na te kom.

Word wakker!  Hou op met flou verskonings!  Ek val nie meer daarvoor nie.  Anders moet jy maar bedank uit die Afrikanervolk.  Ons het jou dan in elk geval nie meer nodig nie.

Gaan besoek www.bcvo.co.za en maak oop jou oë!

No comments:

Post a Comment