Alicestine October
Die Burger
Kaapstad – Plaasaanvalle is polities gemotiveer, het die Christelike Demokratiese Party gesê.
Richard Botha, woordvoerder van die party, het die regering gekritiseer vir sy “apatie” teenoor plaasaanvalle.
“Dit is nie noodwendig net ’n misdaad-element nie. Die regering se apatie in die hantering van die kwessie laat ’n mens wonder oor sy motiewe.”
Botha het gesê die besluit om die eertydse kommando’s af te skaf was verkeerd.
“Dit was die eerste linie van verdediging. Nou is daar niks, en plaasaanvalle raak al hoe gewelddadiger.”
Sedert 1991 was daar na raming 11785 plaasaanvalle en 1804 plaasmoorde, het die parlement verlede jaar gehoor.
Botha het gesê dié aanvalle neem steeds toe en raak bloeddorstiger.
“Met die moord op Eugène Terre’Blanche, voormalige leier van die Afrikaner-Weerstandsbeweging, was die land reeds op ’n mespunt. Daar kon ernstige probleme gewees het.”
Hy het gesê die regering se hantering van plaasaanvalle dra by tot die polarisering tussen rassegroepe. “Dit herinner sterk aan wat in Zimbabwe met plaasaanvalle gebeur het. Indien daar nie opgetree word nie, sál mense groepeer en hulself begin beskerm, en dít wek kommer.”
André Botha, voorsitter van Agri SA se landelike veiligheidskomitee, het egter gesê misdaad bly die grootste dryfveer vir plaasaanvalle.
“Daar is gemiddeld 2,7 plaasaanvalle per dag, en in klein landelike gemeenskappe is dit baie.”
Hy het gesê plase is maklike teikens, en gebrekkige polisiëring vererger die probleem.
“Die politieke wil is daar. Daar is ’n beleidstrategie, maar die implementering daarvan is gebrekkig. Daar is enorme probleme met bevel en beheer in landelike gemeenskappe.”
Hy het bygevoeg dat plaasaanvalle beslis toeneem en bloeddorstiger word.
“Tussen Oktober en begin Desember verlede jaar was daar veral ’n skerp toename.”

No comments:
Post a Comment