Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Saturday, September 1, 2012

12 000 werkers staak by Gold Fields-myn

2012-09-01 10:30
Johannesburg – Sowat 12 000 werkers by 'n Suid-Afrikaanse goudmyn het met 'n onwettige staking begin, het hul werkgewer, Gold Fields, Vrydag gesê.

Die maatskappy het in 'n verklaring gesê die onwettige staking deur werkers van die oostelike deel van die KDC-goudmyn aan die Wesrand in Johannesburg het Woensdag begin.

Luidens die verklaring is twee nag en dagskofte verlore en die maatskappy het hom tot die hof gewend om die staking onwettig te verklaar.

Die Goldfield-staking volg ná 'n onwettige staking by die Marikana-myn in die Noordwes wat die lewe van 44 mense geëis het. Altesaam 34 van dié mense is deur die polisie doodgeskiet.

Gold Fields bedryf agt myne in Australië, Ghana, Peru en Suid-Afrika.

No comments:

Post a Comment