Malema het aan die Mail & Guardian Online gesê hy is gereed indien enigeen hom in hegtenis wil neem.
Hy wou nie oor die inhoud van die verslag praat nie omdat dit vertroulik is.
Malema het gesê sy "dreigende inhegtenisneming" is 'n politieke skuif deur diegene wat ongelukkig is oor sy betrokkenheid by die Marikana-skietery waarin 34 mynwerkers dood is tydens 'n betoging op 16 Augustus by die Lonmin-platinummyn.
Hy het gesê hy sal homself beskikbaar stel wanneer wetstoepassingsagentskappe gereed is.
"Hulle het ons adres. Hulle het die kontakbesonderhede van ons prokureurs. Hulle sal my moet bel.
"Dit is nie nodig vir drama nie. Ek is 'n welbekende individueel. Ek sal nie weghardloop nie. Die waarheid sal aan die einde van die dag seëvier"
Malema het gesê hy is bewus van sy dreigende inhegtenisneming omdat een van Nathi Mthethwa, minister van polisie, se lyfwagte hom gebel het om te sê hy het gehoor die minister praat met mense daaroor.
Malema hou vol hy het niks verkeerd gedoen nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
SAPA
http://m.news24.com/nuus24/Suid-Afrika/Nuus/Ek-is-gereed-om-gearresteer-te-word-Malema-20120903
No comments:
Post a Comment