Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Saturday, September 1, 2012

Tiende van SA se soldate is te dik

2012-08-29 22:09
Erika Gibson

PRETORIA. – Die weermag se soldate is geweeg en nie te lig bevind nie.
Bykans 10% van die weermag se nagenoeg 60000 soldate is oorgewig of vetsugtig en dít is nog net op voorlopige syfers gegrond.

In ’n inligtingstuk oor die situasie, wat onlangs aan al die weermagdele se personeel versprei is, word die soldate amptelik vermaan dat dit ’n potensieel lewensbedreigende neiging is.

“Die weermag kan eenvoudig nie gevegsgereed wees as sy soldate vet is nie. Almal moet daarvan bewus word dat die geveg teen vet nou amptelik is.

“Vet soldate kán nie veg nie,” lui die stuk.

Die voorlopige persentasie is gegrond op soldate wat van 1 April verlede jaar tot 31 Maart vanjaar deur die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens (SAMGD) as sodanig gediag­noseer is.

Meer spesifieke gegewens oor die weermag se gesondheidsprofiel gaan binne die volgende paar maande versamel word.

Alle lede van die weermag moet voor môre geweeg word en dié syfers sal as die basislyn vir verdere planne en projekte gebruik word om soldate meer vaartbelyn te help kry.

Luidens die inligtingstuk is dit nie net oorgewig soldate wat die doeltreffendheid van die weermag beïnvloed nie, maar die lewensbedreigende siektetoestande wat vetsug veroorsaak.

Kardiovaskulêre risiko’s is die belangrikste daarvan – veral as die grootste persentasie van ’n soldaat se vet om sy middellyf sit.

- Volksblad

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Tiende-van-SA-se-soldate-is-te-dik-20120829

No comments:

Post a Comment